Logo

Sanet se muffins

12 Muffins

Gebak

4

Sanet bedien pesto- en olyf-muffins met ’n heerlike jogurtsous. Kry dié Koekedoor se resep hier.

Koekedoor_Sanet_muffins-1
Bestanddele

Jogurtsous:

1/2 k gewone jogurt

komkommer in stukkies gesny

Muffins:

500 ml koekmeel

15 ml bakpoeier

5 ml sout

375 ml wit cheddarkaas gerasper

1 bossie sprietuie (wit deel) gekap

100 g olywe ontpit en gekap

200 ml karringmelk

50 ml basieliekruidpesto

80 ml olie

1 groot eier

Metode
  1. Voorverhit oond teen 200 °C en spuit ‘n muffinpan met kleefvrysproei.
  2. Sif die meel, bakpoeier en sout in ‘n mengbak. Voeg die kaas, sprietuie en olywe by en meng deeglik.
  3. Meng die karringmelk, pesto, olie en eier deeglik in ‘n aparte bak saam.
  4. Sny die nat bestanddele by die droë bestanddele met ‘n bottermes tot net gemeng.
  5. Skep beslag in die muffinpan en bak vir 20 minute.
  6. Haal uit en laat afkoel.
  7. Bedien saam me jogurtsous.


Hierdie resep is eksklusief tot kykNET en die bakboek Koekedoor 2. Dit mag slegs met die toestemming van kykNET en Human & Rousseau gepubliseer word, hetsy elektronies of in druk.

 

Gewildste Resepte