Logo

Sanet se baklava

36 Baklava-wurms

Gebak

4

Kry die Koekedoor Sanet se resep vir haar koningin Tulbagh filo-boot hier.

Koekedoor_Sanet_filo-1
Bestanddele

Donkersjokolade-poeding-vulsel:

1 k suiker

1/2 k donker kakao

1/2 k mielieblom

1/2 t sout

1 l melk

30 g botter

10 ml vanilje

Filo:

250 g botter

20 velle filodeeg

water

suiker

Haselneutbotter:

250 ml haselneute

340 ml sjokolade

30 ml olie

45 ml versiersuiker

15 ml donker kakao

2,5 ml vanielje

2,5 ml sout

Koffieroom:

250 ml room

30 ml koffielikeur

5 ml koffiebone

5 ml vanielje

Koffievulsel:

15 ml espresso

250 ml room

30 ml kondensmelk

30 ml koffielikeur

5 ml growwe sout

2.5 ml kakao

Sjokolade-bruintjies:

250 g botter

200 g bruinsuiker

4 eiers

80 g heelneut-sjokolade

160 g donkersjokolade

5 ml vanielje

25 g koekmeel

knippie sout

125 g neute

Metode

Vir die haselneutbotter:

  1. In 'n voedselverwerker, meng neute tot pasta.
  2. Voeg olie, suiker, kakao en sout by en meng tot glad.
  3. Voeg sjokolade by en meng goeds saam.
  4. Plaas eenkant om af te koel – plaas in yskas as jy dit wil sny.

 

Vir die filo:

  1. Sny filo groot genoeg om oor 'n broodpan te pas.
  2. Gebruik vier lae per dop. Verf dun lae botter tussen die velle.
  3. Plaas filo-lae aan die buitekant van die broodpan en bak teen 200 °C vir sowat 12 minute.
  4. Gebruik oorblywende filodeeg en sny in dun repies.
  5. Karamelliseer 'n paar van die repies deur botter te smeer en bietjie suiker te strooi tussen die lae.
  6. Maak ook sigare met 'n paar van die repies filo en haselneutbotter.
  7. Maak ook rose met 'n paar van die repies filo deur stroke filo in 'n muffinpan te pak soos rose.
  8. Met 'n skêr, sny patrone in 'n paar van die repies filo en bak.
  9. Laat alle filo afkoel en ful met vulsels in enige volgorde.
  10. Sny bruintjies in blokkies of gebruik heel stukke.
  11.  Plaas van die filo-sigare en snysels ook in doppe.
  12. Versier bo-op met filo-rose en sjokolade-koffiebone.

 

Vir die sjokolade-bruintjies:

  1. Voorverhit oond teen 180 °C. Smeer 'n vierkantige pan van 25 cm of voer uit met bakpapier.
  2. Meng botter, suiker, eiers, sjokolade en vanielje saam in 'n mengbak.
  3. In 'n aparte bak, meng kakao, koekmeel, sout en neute saam.
  4. Voeg die droëbestanddele by die sjokolade-mengsel en vou deeglik in.
  5. Gooi die beslag in die voorbereide pan en bak vir sowat 15 minute teen 180 °C. Bak dan vir 'n verdere 10 minute teen 140 °C. Verwyder vanuit die oond en laat in die pan afkoel. Sny in blokkies.
  6. Smelt ekstra sjokolade en bedrup die gesnyde bruintjies daarmee.

 

Vir die sjokolade-koffiebone:

  1. Smelt sjokolade en spuit kolle op silpat (net bietjie kleiner as bone).
  2. Plaas bone bo-op en spuit bone toe met sjokolade.
  3. Laat afkoel en hard word vir later gebruik.

 

Donkersjokolade-poeding-vulsel:

  1. Meng suiker, kakao, mielieblom en sout in 'n mediumgrootte pot op medium-hitte.
  2. Voeg melk geleidelik by en kook tot dik.
  3. Verwyder vanaf hitte en roer botter en vanielje by.
  4. Laat afkoel en plaas in yskas vir later gebruik.

 

Koffievulsel:

  1. In 'n staanmenger met 'n draadhak, klits room styf.
  2. Meng kondensmelk, espresso, likeur, sout en kakao saam en voeg by room. Klits tot net gemeng.
  3. Plaas in yskas vir later gebruik.

 

Koffieroom:

  1. In 'n staanmenger met 'n draadhak, klits room styf.
  2. Vou likeur, vanielje en gemaalde koffie in.
  3. Plaas in yskas vir later gebruik.


Hierdie resep is eksklusief tot kykNET en die bakboek Koekedoor 2. Dit mag slegs met die toestemming van kykNET en Human & Rousseau gepubliseer word, hetsy elektronies of in druk.

 

Gewildste Resepte