Logo

Reine se swartpeperpynappel

16 Junie

4 Porsies

Braai

4

Tydens ’n episode van Kampkos het Reine Swart gewys hoe om heerlike swartpeperpynappel voor te berei. Kry haar resep hier.

Kampkos-Andante-Andante-Piekniek-Ep1125-of-50-1
Bestanddele

1 pynappel

swartpeper

150 g roomys

Metode
  1. Sny die pynappel in ses dele in die lengte (vertikaal) op.
  2. Sprinkel swartpeper oor die pynappleskywe. Braai nou die pynappleskywe bo-op die rooster sodat die suiker karamelliseer.
  3. Plaas nou die suiker in 'n pan bo-op die vuur. Roer die suiker gereeld.
  4. Verwyder die pynapples as dit lekker goudgeel, maar steeds ferm is.
  5. Wanneer die suiker gesmelt is, rol dit om die hef van 'n houtlepel en rek die draadjies so lank aaneen as moontlik.
  6. Trek die versiersels af vanaf die houtlepels en bedien dit saam met die pynappels en roomys.
Kampkos-Andante-Andante-Piekniek-Ep114-of-50-1
Kampkos Logo
2016-06-16

Rouell se pizzabroodjies

Gewildste Resepte