Logo

Pavlova

08 Augustus

2 Pavlova-doppe

Gebak

3

Sjef Annelien Pienaar het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt pavlova met aarbei-vulsel voorberei. Hier is haar resep.

Die-GROOT-Ontbyt-7-1
Bestanddele

Pavlova:

1 k strooisuiker

3 eiers

5 ml asyn

15 ml mielieblom

2 ml kremetart

5 ml vanielje-geursel

Sous:

1 k Griekse jogurt

100 ml stooisuiker

5 ml vanielje-geursel

Metode

Vir die pavlova:

  1. Klop die eier tot stywe punt vorm – níe droog en vlokkerig nie.
  2. Klop die asyn, mielieblom en kremetart by.
  3. Voeg die strooisuiker twee eetlepels op 'n slag by. Klits vir 5 minute en voeg weer twee eetlepels by. Herhaal totdat al die suiker ingewerk is. Toets die meringue – kyk na die glans (dit moet 'n lint vorm as jy die klitser oplig en die suiker moet opgelos wees).
  4. Vou nou die geursels en kleursels by.
  5. Om die pavlova te vorm word die meringue-mengsel met 'n groot lepel hoop vir hoop op mekaar gestapel, effens afgeplat en dan gebak vir 2 ure teen 110 °C. Vir die kleiner skuimpies of nessies word dit gebak vir 1½ uur teen 110 °C – jy kan ook toets of dit droog is.

 

Vir die sous en aarbei-puree

  1. Meng alle bestanddele vir die sous bymekaar.
  2. Voeg alle bestandele vir aarbei-puree saam in 'n pot en kook. Hou eenkant om die miringe met vrugte lae te bou.

 

 

Die-GROOT-Ontbyt-5-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-08-03

Sjokolade-en-suurlemoenkoekies

Gewildste Resepte