Logo

Kanya se sjokolade-kolwyntjies

19 Mei

24 Kolwyntjies

Gebak

4

Probeer gerus die Koekedoor Kanya se resep vir donkersjokolade-kolwyntjies met Amarula-stroop.

Koek-Kanya-Kolwyntjies-1
Bestanddele

Amarula-stroop

250 ml Amarula

100 g strooisuiker

1 kaneelstokkie

250 ml Amarula

100 g strooisuiker

1 kaneelstokkie

Kolwyntjies

45 g kakaopoeier

200 g bruinsuiker

200 ml water

125 g botter

100 g donkersjokolade

175 g koekmeelblom

5 ml bakpoeier

5 ml koeksoda

knippie sout

2 eiers

5 ml vanielje-ekstrak

45 g kakaopoeier

200 g bruinsuiker

200 ml water

125 g botter

100 g donkersjokolade

175 g koekmeelblom

5 ml bakpoeier

5 ml koeksoda

knippie sout

2 eiers

5 ml vanielje-ekstrak

Witsjokolade-mousse

500 g witsjokolade

75 g vloeibare glukose

75 ml water

30 ml vanielje-smeer

375 ml room

500 g witsjokolade

75 g vloeibare glukose

75 ml water

30 ml vanielje-smeer

375 ml room

Metode

Amarula-stroop

  1. Bring al die bestanddele stadig tot kookpunt. Kook vir 2-3 minute. Koel af en bottel.

 

Kolwyntjies

  1. Voorverhit die oond tot 180°C. Maak seker die oondrak is in die middel van die oond. Voer twee kolwyntjie-pannetjies uit met papiervormpies.
  2. Meng die suiker en kakaopoeier. (Dit help om die kakaopoeier op te breek.) Verhit saam met die water en botter. Gebruik 'n ballonklitser en roer gereeld.
  3. Maak seker die suiker het opgelos. Verwyder van die hitte en roer die sjokolade in om te smelt. Staan eenkant.
  4. Sif die droë bestanddele saam. Drie keer as jy wil.
  5. Klits die eiers en vanielje saam. Klits dit goed in die sjokolade-mengsel in.
  6. Giet die sjokolade-mengsel oor in 'n mengbak groot genoeg om die beslag te hanteer. Meng die droë bestanddele in twee dele by. Pasop vir oormeng.
  7. Verdeel die beslag gelyk in 24 kolwyntjies. Bak vir 15 minute. Doen die nodige toets vir gaar voor jy die kolwyntjies uit die oond verwyder. Koel af, spuit in met die heerlike Amarula-stroop en versier.

 

Witsjokolade-mousse

  1. Smelt die sjokolade en roer glukose daarby in. Moenie skrik nie. Die mengsel sal lelik raak. Roer koue water by. Nou behoort die mengsel reg te kom en sal lyk soos kondensmelk.
  2. Roer die vanielje by.
  3. Vou die room in drie sarsies in.
  4. Vul 'n spuitsak en versier na hartelus.

 


(Hierdie resep is eksklusief tot kykNET en die bakboek Koekedoor 2. Dit mag slegs met die toestemming van kykNET en Human & Rousseau gepubliseer word, hetsy elektronies of in druk.)

 

Koek-Resep-Corli-Olie-1
Corli se oliebolle
2016-05-13

Corli se oliebolle

Gewildste Resepte