Logo

Kanya se pretzels

04 Junie

8 Pretzels

Gebak

3

Die Koekedoor Kanya kombineer koffiesmake met sitrus en roosblare vir haar Unani-pretzels uit Persië. Kry haar resep hier:

Koekedoor_Kanya_Pretzels-1
Bestanddele

Bier-, spesery- en roos-sjokoladesous:

1/2 k bruinsuiker

1 lemoen

1 k bier

2 t koffie

Geroosterde camembertkaas vir doop:

1 wiel camembertkaas

druiweblare

kombuistou

Koffie-en-steranys-sprinkelsout:

1/4 growwe sout

2 t koffie

2 t steranys

Pretzels:

10 g kitsgis

60 ml louwarm water

10 ml suiker

250 ml bier

500 ml koekmeel

20 ml kaneelsuiker

10 ml sout

30 g botter

Roosblaar-, koffie-en-lemoen-sout

1/4 k growwe sout

2 t swart koffie

1 lemoenskil

roosblare

2 t rooswater

Metode

Pretzels:

  1. Maak die gis wakker in 60 ml louwarm water en twee teelepels suiker. Laat staan vir vyf minute of totdat dit 'n dik skuim vorm. Roer by die bier.
  2. Gebruik 'n elektriese menger om die deeg aan te maak. Meet die meel, suiker en sout direk in die mengbak af. Sny die botter in blokkies daarin. Meng eers met 'n K-spaan om die botter deur te werk.
  3. Verander na die kniespaan. Begin meng met die helfte van die vloeistof. Voeg meer vloeistof by soos jy meng om 'n gladde, blink deeg te kry. Tien minute se knie behoort die ding te doen.
  4. Smeer jou hande liggies met die botter. Gooi die deeg uit op 'n meelbestrooide oppervlakte. Knie vir so 'n minuut of wat net om te voel hoe voel die degie. Rek en strek die gluten.
  5. Smeer dieselfde mengbak goed met botter en plaas die deeg terug daarin. Maak snoesig toe en laat staan om te rys tot dubbel in volume (sowat 30 minute tot 'n uur wees).
  6. Voorverhit die oond teen 220 ˚C. Belyn oondpanne met silikoon-bakvelle of bakpapier.
  7. Kry die posjeer pot aan die gang. Kook die water en gooi die koeksoda versigtig in vier sarsies by. Pasop vir oorkook.
  8. Smeer 'n houtbord baie liggies met botter. Indien nodig, bestrooi baie liggies met meel en skud oortollige meel af.
  9. Slaan die deeg af en vorm in 'n reghoek op die houtbord. Rus die deeg vir tien minute. Sny in agt tot tien gelyke porsies
  10. Rol elke strook in 'n lang, dun wors/tou van sowat 60 cm. Vorm deur 'n lus te maak, die twee los ente twee tot drie keer om mekaar te draai en die punte vas aan die lus te druk.
  11. Teen die tyd behoort die posjeer pot liggies te kook. Posjeer die gevormde degies vir 30 sekondes, dreineer en rangskik op die oondpanne.
  12. Besprinkel met geursoute en bak vir 10 tot 12 minute tot gaar.

 

Koffie-en-steranys-sprinkelsout:

  1. Meng al die bestanddele saam. Varieer hoeveelhede na smaak. Stamp effens fyner as jy wil.

 

Roosblaar-, koffie-en-lemoen-sout:

  1. Meng al die bestanddele saam. Varieer hoeveelhede na smaak. Stamp effens fyner as jy wil.

 

Bier-, spesery- en roos-sjokoladesous:

  1. Karameliseer die suiker. Volg die droë metode deur die suiker direk in die pot te smelt.
  2. Gooi die lemoensap stadig en versigtig by. Moet nie roer nie. Draai en swaai die pot so elke nou en dan. Gooi die bier by.
  3. Geur met die koffie en temper met die sout. Kook om te reduseer tot 'n stroop.
  4. Giet deur 'n sif en koel af tot benodig.

 

Geroosterde camembertkaas vir doop:

  1. Voorverhit oond teen 180 ˚C.
  2. Pak blare uit op 'n belynde bakplaat. Die blare moet 'n mat vorm en oorvleuel.
  3. Sit die kaas in die middel van die blaarkombers. Vou die blare oor die camembertkaas en bind vas. Sny 'n kruis bo in die kaas.
  4. Bak die kaas tot gesmelt. Bedien onmiddellik met die koffie-, karamel-en-lemoen-sous.

 


Hierdie resep is eksklusief tot kykNET en die bakboek Koekedoor 2. Dit mag slegs met die toestemming van kykNET en Human & Rousseau gepubliseer word, hetsy elektronies of in druk.

 

Gewildste Resepte