Logo

Kanya se bierbrood

02 Junie

1 Brood

Gebak

4

Kanya het in ’n episode van Koekedoor dié heerlike bierbrood, met geure van rooibos en heuning, saam met konfyt van tamatie en geel soetrissie en melkpoeier-botter voorgesit.

Koek-Kanya-Bier-1
Bestanddele

Gebrande melkpoeier-botter

½ k melkpoeier

250 g botter

Konfyt

500 g tamaties

250 g geel soetrissie

2 groen brandrissies

2 rooibosteesakkies

knippie sout

550 g suiker

2 groen appels

Rooibos-bierbrood

6 rooibosteesakkies

2 k water

2 e heuning

500 g bruismeel

5 ml sout

250 ml cheddarkaas

2 rooibosteesakkies

1 blikkie bier

¼ k fynbos-heuning

¼ k rooibosteekonsentraat

Metode

Rooibos-bierbrood

  1. Stel die oond op 180°C. Smeer en bestuif 'n mediumgrootte broodpannetjie.
  2. Kook 6 teesakkies in 'n pot. Laat goed trek. Verwyder die sakkies tee en konsentreer die vloeistof na 'n kwart koppie en 2 eetlepels. Meng 2 eetlepels met 2 eetlepels heuning om te gebruik as glaseersel. Hou eenkant.
  3. Sif die bruismeel en sout saam in 'n groterige mengbak. Roer die gerasperde kaas en rooibosteeblare goed deur.
  4. Meng die bier, heuning en ¼ k rooibosteekonsentraat. Giet oor die droë bestanddele en meng soos 'n muffin-deeg in die vorm van 'n syfer 8 tot al die droë betsanddele net-net aangeklam is.
  5. Skep die beslag in die broodpannetjie en versprei egalig.
  6. Bak vir 'n uur. Sit 'n foelie-deksel op wanneer halftyd verstreke is as die broodjie te gou te bruin bak.
  7. oets of die broodjie deurgebak is voor jy dit uit die oond uit haal. Koel effens af op 'n draadrakkie in die pan voordat jy die broodjie uitkeer op 'n draadrakkie om heeltemal af te koel.
  8. Smeer die glaseersel oor terwyl die broodjie nog warm is.

 

Konfyt

  1. Kook al die bestanddele saam in 'n mediumgrootte pot. Die teesakkies en al.
  2. Haal die pot van die stoof af na 10 minute en roer die suiker in om op te los. Verwyder die teesakkies.
  3. Kook die konfyt verder tot dik genoeg.
  4. Die konfyt se pektien-inhoud is laag en dit kan help om die appels te kook in 'n koppie water en dan die vloeistof saam met die konfyt te kook.

 

Gebrande melkpoeier-botter

  1. Rooster die melkpoeier in die oond teen 180°C tot goudbruin. Hou die heeltyd dop, want dit brand vreeslik gou. Roer gereeld.
  2. Koel af en verpoeier so grof of fyn soos jy wil.
  3. Klop die melkpoeier en botter saam. Verkoel tot gebruik.

 


(Hierdie resep is eksklusief tot kykNET en die bakboek Koekedoor 2. Dit mag slegs met die toestemming van kykNET en Human & Rousseau gepubliseer word, hetsy elektronies of in druk.)

 

Gewildste Resepte