Logo

Corli se sjokolade-vierkante

24 Groot blokkies

Gebak

4

Corli het altyd van hierdie ongebakte koekies in die yskas. Kry dié Koekedoor se resep hier.

Koekedoor-Resep-SjokVier-1
Bestanddele

250 g botter (gesout)

500 g versiersuiker

½ k kakao

1 eier (liggies geklits)

k klapper

1 pakkie Marie-koekies (in stukkies gebreek)

pekanneute (opsioneel)

Metode
  1. Smelt die botter in ’n kastrol, haal van die hitte af, voeg versiersuiker en kakao by en roer tot die suiker opgelos is en die mengsel glad is.
  2. Meng die geklitse eier by.
  3. Voeg die klapper en stukkies Marie-koekies by tot als goed met die sjokolade gemeng het.
  4. Giet die mengsel uit in ’n gesmeerde bakplaat en maak gelyk met ’n lepel.
  5. Sit in yskas om af te koel en sny dan in ewe groot blokkies.

 


(Hierdie resep is eksklusief tot kykNET en die bakboek Koekedoor 2. Dit mag slegs met die toestemming van kykNET en Human & Rousseau gepubliseer word, hetsy elektronies of in druk.)

 

Koekedoor-Resep-Dadels-1
Anja se dadelballetjies met lemoen
2016-05-06

Anja se dadelballetjies met lemoen

Gewildste Resepte