Logo

Corli se oliebolle

13 Mei

24 Oliebolle

Gebak

4

Oliebolle is iets wat die Koekedoor Corli altyd met haar R2,50-sakgeld op skool tydens pouse gekoop het. Kry haar resep hier.

Koek-Resep-Corli-Olie-1
Bestanddele

Aarbei-en-room-vulsel

2 k bessies (vars of gevries)

½ k strooisuiker

2 k dubbelroom (of klitsroom)

1 k versiersuiker (gesif)

226 g mascarpone (of roomkaas)

1 t vanielje-ekstrak

Kondensmelk-vlavulsel

500 ml melk (volroom)

30 ml botter (gesout)

385 g kondensmelk (een blik)

1 groot eier

45 ml mielieblom

5 ml vanieljegeursel

Koninklike versiersel

500 ml versiersuiker

100 ml melk

vanielje-ekstrak Dit is ook beter om gesmelte sjokelade te gebruik

Oliebolle

2 pakkies kitsgis

¼ k water

1½ k melk (warm)

½ k suiker

1 t sout

2 eiers

⅓ k botter (gesmelt)

6 k meel

Metode

Oliebolle

  1. Los gis op in bietjie water en gooi ’n knippie suiker daarby. Laat staan vir 5 minute. Voeg dan die res van die louwarm water, melk, suiker, sout, eiers, botter en 2 koppies meel by.
  2. Meng op lae spoed vir 30 sekondes, skraap bak heeltyd aan kante. Meng op medium spoed vir 2 minute, krap bak per geleentheid.
  3. Roer res van meel by en meng met die deeghoek vir ten minste 6-8 minute.
  4. Bedek met kleefplastiek en laat dit rys vir 50 minute. (Die deeg is gereed wanneer jy jou vinger daarop druk en die merk op deeg bly so).
  5. Gooi deeg op meelbestrooide werksoppervlak.
  6. Rol liggies tot bietjie dunner en strooi meel bo-oor.
  7. Maak gedrukte oliebolle met kleefplastiek toe, en laat weer rys, tot dubbel die grootte.
  8. Diepbraai die oliebolle vir een minuut aan elke kant.

 

Kondensmelk-vlavulsel

  1. Verhit die melk, botter en kondensmelk saam in kastrol op die stoof oor matige hitte tot die botter gesmelt is.
  2. Klop die eier, mielieblom en vanieljegeursel in ’n bak en terwyl jy klop, giet ’n bietjie warm melkmengsel by die eiermengsel.
  3. Giet die melk-en-eier-mengsel terug in die kastrol en verhit oor matige hitte op die stoof terwyl jy dit ongeveer 3 minute lank aanhou roer, of tot die mengsel verdik.
  4. Sodra die mengsel begin kook, verwyder van hitte.
  5. Giet die stywe mengsel in ’n bak, plaas kleefplastiek oor die oppervlak om te verhoed dat dit ’n velletjie vorm en sit in yskas.

 

Aarbei-en-room-vulsel

  1. Gooi gevriesde of vars vrugte, suiker in pot.
  2. Kook tot als sag is en amper ‘n stroop vorm, laat afkoel.
  3. Klits room tot styf, of mascarpone en voeg versiersuiker by.
  4. Gooi aarbei-kompot by die room.

 

Sit bymekaar

  1. Neem oliebolle en spuit in een helfte van vulsel in eerste helfte en dan tweede vulsel in oorblywende oliebolle.
  2. Gebruik versiersel om oliebolle in te doop, en laat koud word en stol.
  3. Neem die koninklike versiersel en plaas in spuitsak met dun punt en spuit verskillende patrone van jou keuse bo-op oliebolle.

 


(Hierdie resep is eksklusief tot kykNET en die bakboek Koekedoor 2. Dit mag slegs met die toestemming van kykNET en Human & Rousseau gepubliseer word, hetsy elektronies of in druk.)

 

Koek-Resep-Wessels-Olie-1
Wessels se oliebolle
2016-05-13

Wessels se oliebolle

Gewildste Resepte