Logo

Anja se dadelballetjies met lemoen

30 Balletjies

Gebak

4

Koekedoor se Anja se ma het hierdie dadelballetjies vir haar gemaak toe sy ’n student was. Kry die resep.

Koekedoor-Resep-Dadels-1
Bestanddele

1 eier

225 g botter

1 k bruinsuiker

1 pakkie dadels (fyngesnipper)

1 pakkie Marie-koekies (fyn)

2 lemoene (gebruik slegs die skil)

klapper (vir rol)

Metode
  1. Kook al die bestanddele saam, behalwe die Marie-koekies en klapper.
  2. Haal van die plaat af en roer die beskuitjie-krummels by.
  3. Rol in balletjies van sowat 25 g elk en rol in klapper.

 


(Hierdie resep is eksklusief tot kykNET en die bakboek Koekedoor 2. Dit mag slegs met die toestemming van kykNET en Human & Rousseau gepubliseer word, hetsy elektronies of in druk.)

 

Koekedoor-Resep-SjokVier-1
Corli se sjokolade-vierkante
2016-05-06

Corli se sjokolade-vierkante

Gewildste Resepte