Logo

Pla-my-niks energiestafies

08 November

5

Ek maak hierdie om saam te neem op toer, behalwe vir die grondboonbotter bevat dit alles waarvan ek hou, gee energie en verlig spanning vir ’n paar oomblikke.

Energiestafies – Terwyl ek wag
Bestanddele

200 g Donker sjokolade

200 g Melksjokolade

2 eetlepels Grondboonbotter

150 g Gemmerkoekies gebreek

1 koppie Hawermout

1/2 koppie Amandelflokkies

1/2 koppie Klapper liggies gebraai

1/2 koppie Gedroogde sultanas

1 knippie Seesout

Metode
  • Voer vierkantige bak van ongeveer 21cm x 21cm met bakpapier wat by twee kante uitsteek
  • Breek sjokolade in hittebestande glasbak en plaas bo-op kastrol met water wat liggies borrel, bak moet nie aan water raak nie
  • Roer totdat sjokolade begin smelt, roer grondboonbotter by
  • Sodra mengsel glad is, verwder van hitte en roer gebreekte koekies by
  • Roer hawermout by, daarna amandels en klapper
  • Roer sultanas by, roer sout by
  • Skep hopies oor hele bodem van bak, druk vas en maak gelyk bo-op
  • Bedek en plaas in yskas vir 4 ure
  • Sny in blokkies en draai toe in bakpapier

Gewildste Resepte