Logo

Perske-en-vanielje-krummelkoek

03 Mei

4 Porsies

Gebak

5

Dié heerlike perske-en-vanielje-krummelkoek is tydens ’n episode van Tyd met Aleit voorberei.

Krummelkoek 3
Bestanddele

Koek:

180 g botter

250 g suiker

3 eiers

2 t bakpoeier

800 g geblikte perskes

1 klein bakkie vars frambose

185 g koekmeel

1 t vanieljegeursel

Krummellaag:

90 g koekmeel

100 g botter

90 g suiker

Metode
  1. Voorverhit die oond teen 180 °C.

Vir die krummellaag:

  1. Plaas die koekmeel, botter en suiker in ‘n bak en vryf deur met jou vingerpunte tot krummels vorm.
  2. Jy kan dit ook ligweg in ‘n voedselverwerker klits.

Vir die koek:

  1. Room die botter en die suiker saam in ‘n bak tot lig en donsig.
  2. Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke eier bygevoeg word.

Voeg vanieljegeursel by.

  1. Sif die koekmeel en bakpoeier by en vou in die mengsel in.
  2. Voer ‘n 24 cm koekpan uit met bakpapier en skep die mengsel in.
  3. Rond af met gehalfveerde perskes en vars frambose. Sprinkel die krummels bo-oor en bak in die oond vir ‘n uur.
  4. Verwyder vanuit die oond en laat vir 10 minute in die koekpan afkoel. Keer uit op ‘n afkoelrak.

Wenk:

  1. Vir die beste resultate, bedrup die koek met vars room.
Tyd met Aleit
Mosterdsous
2017-04-26

Mosterdsous

Gewildste Resepte