Logo

Meel- en suikerlose piesang-plaatkoekies

4 Porsies

Gebak

4

Dié resep van JC Snooke is heerlik en gesond. Ideaal vir ‘n soet ontbyt of peuselgereg.

Meel- en suikerlose piesang-plaatkoekies
Bestanddele

4 piesang

8 eier

kaneel poeier

heuning

bessies

Metode
  1. Druk 4 piesangs fyn tot goed pap.
  2. Voeg 8 eiers by.
  3. Meng totdat dit 'n soort pannekoek-deeg vorm.
  4. Voeg 1/3 kaneelpoeier of 'n groot knippie by.
  5. Stel die plaat op hoog tot dit warm is. Sodra die pan lekker warm is, draai halfpad af. Spuit met 'n kleefwerende sproei soos Spray 'n Cook en begin om lepels vol deeg op die pan te drup.
  6. Braai elke kant tot goudbruin.
  7. Garneer soos jy wil, of sit met heuning en bessies of aarbeie voor.
Appelburger
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2018-12-10

Klein vark-en-appelburgers

Gewildste Resepte