Logo

Kruiekaaskoekies

22 November

10 porsies

Gebak

4

Soos gesien in Terwyl ek wag

Kruiekaaskoekies – Terwyl ek wag
Bestanddele

150 g Vars / Gevriesde tuin-ertjies

70 g Digestive koekies

1 eetlepel Hawermout

1 eetlepel Okkerneute fyngekap

60 g Botter gesmelt

1 Eierwit geklits

250 g Roomkaas teen kamertemperatuur

2 Eiers

30 g Parmesaankaas fyngerasper

1 knippie Sout

1 teelepel Swartpeper grofgemaal

1 eetlepel Vars pietersielie fyngekap

1 eetlepel Vars kruisement fyngekap

1 eetlepel Vars tiemieblare fyngekap

Vars roketblare

Olyfolie

Metode
  • Kook ertjies tot net sag, dreineer, laat afkoel en purée, hou eenkant
  • Maak koekies fyn, meng met hawermout, neute en botter
  • Meng eierwit by
  • Voer bodems van 10 muffinpannetjies met sirkels bakpapier
  • Verdeel krummelmengsel tussen pannetjies en druk goed vas
  • Plaas in yskas
  • Meng roomkaas en ertjiepurée tot glad
  • Klits eiers en meng by
  • Meng Parmesaan by en geur met sout en peper, meng kruie by
  • Skep beslag bo-op krummelkors in pannetjies
  • Bak in oond teen 170˚C (waaier) vir 25 minute
  • Verwyder uit oond en laat afkoel in pannetjies
  • Plaas bakplaat bo-op en keer versigtig om
  • Keer kaaskoekies een-een om
  • Garneer met roketblare en sprinkel baie liggies met olyfolie net voor opdiening

Gewildste Resepte