Logo

Karringmelkplatbrood

29 November

Gebak

4

Karringmelkplatbrood met appels, uie en gruyère

Karringmelkplatbrood – Terwyl ek wag
Bestanddele

375 g Bruismeel

1/2 teelepel Sout

3 eetlepels Druiwepitolie

100 ml Karringmelk

100 ml Water

2 huisies Knoffel fyngekap

1 teelepel Roosmaryn fyngekap

180 g Gruyère gerasper

2 Rooi appels

1/2 Rooi ui

ekstra Druiwepitolie

Olyfolie / Knoffelolie / Peanneutolie

1 ekstra takkie Roosmaryn

Growwe sout

Gemengde peperkorrels

Metode
  • Gooi bruismeel in mengbak
  • Maak holte in die middel
  • Vul holte met 1/2 tlpl sout, 3 eetlpl druiwepitolie, karringmelk, water, knoffel en fyngekapte roosmaryn
  • Gebruik vurk en meng van buite na binne
  • Gebruik hande om deeglik te meng en deegbal te vorm
  • Bedek en laat staan vir 30 minute
  • Strooi ’n oppervlak met ’n klein bietjie meel
  • Verdeel deeg in helfte en rol elke helfte uit in ovaal van ongeveer 30cm x 20 cm
  • Plaas op twee gevoerde bakplate
  • Sprinkel helfte van kaas oor die twee brode
  • Sny die appels in die dwarsste in skywe, nie te dik, nie te dun, 7 tot 8 skywe
  • Meng met 1 eetlpl druiwepitolie en rangskik bo-op brode, geur baie liggies met sout
  • Sny ui in dun skyfies en meng met 1 eetlpl druiwepitolie, dit sal opbreek in repies, rangskik repies bo-oor en rondom appelskywe
  • Strooi res van kaas oor
  • Bedrup met ’n klein bietjie druiwepitolie
  • Bak in oond teen 170˚C (waaier) tot goudbruin, ongeveer 20 tot 22 minute
  • Bedrup met olie van keuse, geur met gemaalde of gebreekte peperkorrels en garneer met ’n paar vars roosmarynblaartjies en ’n paar soutkorrels

Gewildste Resepte