Logo

Falafel met spesery-jogurt

02 November

20 Falafels

Gebak

5

Hierdie heerlike falafels is in ’n episode van Edik van Nantes 2 voorberei. 

EVN2-Ep4-Falafel-1
Bestanddele

Falafels

400 g kekerertjies

1 e tahini

sap van halwe suurlemoen

1 salot of ’n halwe rooiui, fyngekap

1 eier

1 t komyn

1 t paprika

2-3 e pietersielie of koljander, gekap

1 t olyfolie

knippie seesout

Jogurt

250 g gewone jogurt

1 salot

1/2 t borrie

1/2 t gemmer

knippie varsgekapte brandrissie (na gelang van smaak)

1 e varsgekapte koljander of ’n halwe teelepel gemaalde saad

Metode
  1. Plaas al die bestanddele behalwe die kekerertjies in ’n elektriese menger en maal tot fyn.
  2. Voeg die boontjies by en maal, maar nie tot ’n “deeg” nie. Voeg olyfolie by indien die mengsel te droog voorkom.
  3. Verhit ’n pan.
  4. Vorm die mengsel in 7cm x 3cm-reghoekies en braai vir 2 minute aan elke kant oor medium hitte.
  5. Meng jogurt-bestanddele en voeg sout by indien verlang.
  6. Bedien onmiddellik.
Die-GROOT-Ontbyt-4-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-09-09

Sjef Suzanne se “whoopie pies” met grondboontjiebotter-versiersel