Logo

Dadelpotjies

02 November

6 Potjies

4

Probeer gerus hierdie resep vir heerlike “dadelpotjies”, wat in ’n episode van Edik van Nantes 2 voorberei is.

EVN2-Ep4-Dadelpotjies-1
Bestanddele

Dadels

10-12 groot, vars dadels

2 e heuning

1 e marsepein

2 e amandelmelk

Neutroom

500 g kasjoeneute

5 e heuning

2 e marsepein

30 ml amandelmelk

30 ml klappermelk

knippie seesout

Metode
  1. Plaas al die bestanddele vir die dadels in 'n elektriese menger en maal tot fyn.
  2. Verdeel die mengsel tussen 6 klein glase of potjies en plaas op die bodem.
  3. Plaas al die neutroom-bestanddele in 'n elektriese menger en maal tot fyn.
  4. (Voeg ekstra amandelmelk of klappermelk by indien benodig).
  5. Verdeel die mengsel tussen die potjies.
  6. Indien verlang kan jy vanielje-suiker bo-op smelt.
  7. Plaas in yskas tot geset.
EVN2-Ep4-Falafel-1
Edik van Nantes Kie About
2016-11-02

Falafel met spesery-jogurt

Gewildste Resepte