Logo

Brioche-en-room-roosterbrood

19 Oktober

4 Mense

Frans

5

Hierdie resep vir brioche-en-room-roosterbrood lewer vier porsies. Hier is die resep, á la Edik van Nantes 2.

EVN-2-Brioche-1
Bestanddele

4 dik snye brioche

400 ml room

2 eiers

80 g versiersuiker

40 g botter

Cointreau

250 g mascarpone

250 g creme fraîche

saad van halwe vanieljepeul

Metode
  1. Meng die room en eiers, plaas in 'n vlak bak en doop die brioche deeglik daarin, hou eenkant.
  2. Smelt die botter in 'n groot pan en bak die brioche een-een of twee-twee tot goudbruin aan beide kante oor medium hitte.
  3. Gebruik handklitser en klits die creme fraîche, mascarpone en vanielje saam tot stywe punte vorm.
  4. Plaas die brioche op 'n bord, rangskik vrugte bo-op en bedien met 'n klont vars room.
  5. Sprinkel versiersuiker bo-oor.
EVN-2-Gaufres-1
Edik van Nantes Kie About
2016-10-19

Gaufres

Gewildste Resepte