Logo

Beskuitjies met crème pâtissière

07 Desember

4 Porsies

Gebak

4

Dié beskuitjies, met crème pâtissière, is tydens ’n episode van Edik van Nantes 2 voorberei.

EVN2-Ep09-CREME-PATISSIERE-1
Bestanddele

24 vingerlengte soet beskuitjies

250 g witsuiker

100 g meel

6 eiergele

2 eiers

saadjies van 1 vanieljepeul

1 l melk

pimperneute

Metode

 

  1. Plaas die melk in 'n pot, voeg die vanielje by en bring stadig tot kookpunt.
  2. Plaas 2 eiers plus 4 eiergele in 'n mengbak, voeg die suiker by en klits aanhoudend tot dit lig van kleur raak.
  3. Voeg die meel by en klits weer deeglik.
  4. Sodra die melk kookpunt bereik het, verwyder van hitte en voeg bietjie vir bietjie by die eiergeel-mengsel en meng tot al die melk bygevoeg is.
  5. Plaas die hele mengsel terug in die pot en verhit oor medium hitte totdat die mengsel verdik, roer sonder ophou.
  6. Verwyder van hitte, plaas in 'n bak, bedek met plastiekfilm sodat 'n kors nie vorm nie en verkoel in die yskas vir 'n paar ure of tot koud.
  7. Met die gebruik van 'n spuitsak (pastry bag), rangskik die koekies op 'n bord en borduur laag op laag met die roomvla tussen-in.
  8. Versier met fyngedrukte pimperneute en gerasperde sjokolade.
EVN2-Ep09-SJOKOLADEKOEK-1
Edik van Nantes Kie About
2016-12-07

Sjokoladekoek, gebak en ongebak

Gewildste Resepte