Logo

Aspersie-frittata

12 Oktober

4 Porsies

3

Probeer gerus dié heerlike resep vir aspersie-frittata, wat in ’n episode van Edik van Nantes 2 voorberei is.

Edik-van-Nantes-2-Aspersie-1
Bestanddele

500 g aspersies

6 eiers

⅓ k parmesaan

2 e room

seesout

swartpeper

1 e botter

2 e druiwepitolie

¼ ui

¼ k pietersielie

½ k grasuie

⅓ k crème fraîche

Metode

 

  1. Stoom aspersies tot heldergroen en gaar, maar ferm.
  2. Klits eiers, parmesaan en room saam, geur met sout en peper.
  3. Verhit botter en olie in mediumgrootte pan.
  4. Voeg uie by en laat prut vir 3 minute.
  5. Rangskik aspersie op bodem van pan en gooi eiers oor.
  6. Strooi helfte van pietersielie en grasuie oor.
  7. Kook totdat die kante ferm raak, 5 tot 6 minute.
  8. Keer uit op plat bord.
  9. Keer uit op tweede bord.
  10. Plaas pan bo-op en keer weer uit, frittata is nou omgedraai.
  11. Kook vir 'n verdere minuut.
  12. Keer uit op opdienbord.
  13. Sny in skywe en bedien met crème fraîche en res van kruie.
Die-GROOT-Ontbyt-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-09-28

Tuisgemaakte skons met moerbei-konfyt

Gewildste Resepte