Logo
web uni tv guide

Winslyn

144FinansiesPG13

Winslyn: Warmkolle kan groei help dryf

Nuus
08 April 2015
Die W-Fi Forum SA het vroeër planne aangekondig om teen 2030 vir sowat 5 miljoen draadlose internetverbinding­sones (Wi-Fi hot ­spots) regoor die land te sorg.
Die W-Fi Forum SA het vroeër planne aangekondig om teen 2030 vir sowat 5 miljoen draadlose internetverbinding­sones (Wi-Fi hot ­spots) regoor die land te sorg.

Jan Vermeulen van die webwerf MyBroadband het gesê hoewel 5 miljoen warmkolle buitensporig klink, kan een sone nie baie mense bedien nie. Suid-Afrika gaan dus baie sones benodig.

Internettoegang kan ekonomiese groei aandryf, het Vermeulen verder gesê, omdat klein ondernemings en Suid-Afrikaners aan die “digitale ekonomie” kan deelneem.

Christo Botes, besturende direkteur van Business Partners, was in die ateljee om oor vakansiedae en die impak daarvan op die ekonomie te bespreek. Suid-Afrikaners geniet tot soveel as 13 betaalde vakansiedae per jaar.

Dit kos die ekonomie beslis, het Botes gesê, maar toerisme floreer tog wanneer Suid-Afrikaners met vakansie gaan. Verder moet ondernemings beplan vir tye soos Paasfees en Kersfees, en kapitaliseer op die tye wat mense by die huis is. Suid-Afrikaners het nie te veel vakansiedae nie, maar dié dae kan beter beplan word – verkieslik oor naweke, meen Botes.

Stanley Subramoney van PWC het meer vertel oor die waarde wat Suid-Afrika tot die Brics-lande voeg. Subramoney het gesê Suid-Afrika se deelname aan dié eksklusiewe klub beteken die land het toegang tot ’n groter mark.

Hy het gesê dis kortsigtig om te sê China reik sy hand na Suid-Afrika uit net om toegang tot die potensiaal in Afrika te hê. Hy meen Afrika kan op sy eie voete staan. “Enigiets wat tot ekonomiese groei in Suid-Afrika kan bydra, moet verwelkom word,” het Subramoney gesê.