Logo
web uni tv guide

Winslyn

144FinansiesPG13

Winslyn: Tendense in media en vermaak

Nuus
30 September 2015
Elenor Jensen van PwC bespreek hul media- en vermaakverslag.
kn_elenor
PwC se Entertainment and Media Outlook-verslag, waarmee hulle ’n indiepte ontleding van tendense binne die plaaslike media- en vermaakbedryf doen, is onlangs bekendgestel. Elenor Jensen, ’n senior bestuurder van media en vermaak by PwC, was saam met Winslyn in die ateljee om die verslag te bespreek.

Volgens Jenson is daar ’n skuif na videogebaseerde eerder as teksgebaseerde dienste.

“Die feit dat ek nou 24 uur toegang het tot die internet, het die tendens gedryf.”

Mense dink nie noodwendig, hulle soek nou ’n digitale ervaring nie, sê sy, maar wil ’n goeie ervaring hê.

“Verbruikers wil steeds fliek toe gaan. Sosiale media vat mense nie weg van live events nie, dit skep eintlik ’n groter hype daaroor.”

Kyk na die video hier onder.