Logo
web uni tv guide

Winslyn

144FinansiesPG13

Winslyn: Primêre gesondheidsorg

Nuus
13 Mei 2015
Die primêre gesondheidsektor is die grootste bedryf waarvan mense nié weet nie, meen York Zucchi. Lees meer.
Screen Shot 2015-05-13 at 11.05.50 AM
Tydens die regstreekse uitsending van Winslyn dié week het York Zucchi, voormalige bankier by Goldman Sachs en stigter van Hello Healthcare, meer oor entrepreneuriese geleenthede in die primêre gesondheidsektor van Suid-Afrika kom vertel.

Volgens Zucchi is dié bedryf die grootste bedryf waarvan mense nie weet nie. Klinieke in aftreeoorde, mobiele klinieke, apteke, welstandsentrums, navorsing en innovasie val alles onder die primêre gesondheidsorg-sambreel.

“Daar is byna 20 000 klinieke in Suid-Afrika,” het Zucchi agter die skerms gesê. In Afrika is daar meer as ’n miljoen.

“Die mooi ding van dié bedryf is dat jy mense kan help én aan die einde van die maand die rekeninge kan betaal.

“As dit jou passie is om mense te help en jy beskik oor basiese sakekennis, kan jy dit doen,” sê hy. “Die mense wat dié soort klinieke begin is gesondheidsorg-kenners en nie entrepreneurs nie.”

Sy raad aan entrepreneurs is om in vennootskap met verpleegsters en ander diensverskaffers te werk.

Kyk die video hier onder, en lees meer oor Hello Healtcare hier. Jy kan ook hier na Zucchi se onlangse TED-praatjie luister.