Logo
web uni tv guide

Winslyn

144FinansiesPG13

Winslyn: Naspers loods ShowMax

Nuus
26 Augustus 2015
ShowMax, ’n nuwe Suid-Afrikaanse video-op-aanvraagdiens is reeds toeganklik vir talle verbruikers. Victor Eckard, inhoudshoof van dié diens, het vandeesweek op Winslyn meer hieroor gesels.
kn_winslyn_20150825_showmax_940

ShowMax, ’n nuwe Suid-Afrikaanse video-op-aanvraagdiens is reeds toeganklik vir talle verbruikers. Victor Eckard, inhoudshoof van dié diens, het vandeesweek op Winslyn meer hieroor gesels.

Volgens Eckard verander tendense konstant. “Die manier hoe Hollywood besig is om programme en dramareekse te maak, het heeltemal verander,” het hy gesê. “Dis baie verslawend; as jy die eerste episode kyk, wil jy dadelik die tweede en derde episode kyk.”

Eckard het gesê daar is verskeie redes waarom dit nóú die gepaste tyd is vir Naspers om ShowMax te loods. “Die diens stel kykers in staat om te kyk wat hulle wil, wanneer hulle wil. Al wat jy nodig het is ’n goeie internetkonneksie.”

Eckard meen daar is meer as genoeg inhoud beskikbaar op ShowMax. “Jy kry alles onmiddellik, en teen ’n premie van R99 per maand vir 11 500 ure se inhoud.

“As jy 11 500 ure wil kyk, gaan dit jou 10 jaar neem as jy elke aand drie ure sou kyk.”

Volgens Eckard is daar tans ’n ontploffing in infrastruktuur, sowel as tegnologie. “ADSL is besig om opgegradeer en uitgerol te word in die res van Suid-Afrika.”

Verder word veseloptiese-netwerke ook uitgerol in verskeie Suid-Afrikaanse woonbuurte, wat die gebruik van aanlyn dienste versnel en vergemaklik.

Kyk hier onder na ’n eksklusiewe onderhoud met Eckard.