Logo
web uni tv guide

Winslyn

144FinansiesPG13

Winslyn: ’n Dinamiese goudstad

Nuus
12 Augustus 2015
Vandeesweek op Winslyn het ons met die Johannesburgse burgermeester, Parks Tau, gesels oor sy visie vir die goudstad. Tau het verlede jaar tydens die stadsrede na Johannesburg verwys as ’n slim en dinamiese plek.
Screen Shot 2015-08-12 at 2.25.16 nm.
Vandeesweek op Winslyn het ons met die Johannesburgse burgermeester, Parks Tau, gesels oor sy visie vir die goudstad. Tau het verlede jaar tydens die stadsrede na Johannesburg verwys as ’n slim en dinamiese plek.

Voor die einde van sy termyn beoog Tau om verskeie planne te verwesenlik. Dit sluit onder meer 1000 Wi-Fi-brandpunte, 200 000 werksgeleenthede en alternatiewe metodes van elektrisiteitsopwekking in.

Volgens Tau maak die konsentrasie van entrepreneurs Johannesburg ’n unieke stad. Hy het verder verduidelik hoe hy dit makliker maak vir kleinsake-ondernemings om handel te dryf in Johannesburg.

Kyk na die volledige gesprek hier onder.