Logo
web uni tv guide

Winslyn

144FinansiesPG13

Winslyn: Is Ghana Afrika se Griekeland?

Nuus
29 Julie 2015
Chris Becker, ekonoom en markstrateeg van African Alliance Securities, was vandeesweek in die Winslyn-ateljee om oor Ghana se ekonomiese krisis te gesels.
Winslyn_ChrisBecker

Nigerië se ekonomiese moeilikheid is onlangs in ’n Finweek-artikel in die soeklig geplaas. Loop Nigerië dieselfde paadjie as Griekeland? Ghana het groter probleme, meen Chris Becker, ekonoom en markstrateeg van African Alliance Securities. Becker was in die Winslyn-ateljee om hieroor te gesels.

Volgens Becker het die oplewing in kommoditeite Ghana se groei oor die laaste sowat tien jaar gedryf. In dié groeifase het die land egter te veel skuld aangegaan.

“Ghana is baie afhanklik van buitelanders se geld,” het Becker gesê. “Hulle maak staat op goud, kakao en olie.” Die pryse van dié kommoditeite is egter besig om te daal.

Boonop leen Ghana geld by pensioenfondse, wat hulle met skuld gaan terugbetaal, het Becker verduidelik.

Becker meen bankrotskap is al wat dié land uit ’n skuldgreep gaan kry. “Die skuld moet herstruktureer word”.

Kyk die volledige onderhoud hier onder.