Logo
web uni tv guide

Winslyn

144FinansiesPG13

Winslyn: Impak van ongelukkige werknemers

Nuus
17 Junie 2015
Winslyn bespreek die impak van ongelukkige werknemers op ondernemings.
kn_winslyn_20150616_cedric_scheepers_900
Die syfers wys dat baie Suid-Afrikaners ongelukkig is by die werk of andersins nie gemotiveerde werknemers is nie, en dít kan ’n onderneming baie skade berokken. Cedric Scheepers van Quainted het met Divan Botha kom gesels oor die impak van leierskap, organisasiekultuur en vertroue op werknemers se produktiwiteit.

As dit kom by werknemers se gelukkigheid by die werk, is daar baie dinge wat verkeerd kan gaan, het Scheepers verduidelik. “Dit kan wees die lynbestuurder wat jou nie reg hanteer nie of jou span wat nie gemotiveerd is nie.”

’n Goeie salaris is nie al wat belangrik is nie, al kan dit werknemers vir ’n kort rukkie tevrede stel: “Mense soek betekenis; hulle wil weet wat hulle doen dra by.”

Veral in die Suid-Afrikaanse werkomgewing speel diversiteit – verskillende gelowe en kulture – ook ’n rol.

Dit is werkgewers se verantwoordelikheid om dié probleme te hanteer, het Scheepers gesê: “Werkgewers moet kyk na waar is mense ongelukkig, waar werk bestuurders nie goed nie, waar is ’n introvert in 'n ekstrovertposisie.”

Kyk na Scheepers se onderhoud hier onder.