Logo
web uni tv guide

Winslyn

144FinansiesPG13

Winslyn: Hoenderoorlog

Nuus
22 April 2015
Kevin Lovell het in gisteraand se episode van Winslyn meer oor die voortslepende hoendergeveg tussen Suid-Afrika en die VSA vertel.
Winslyn 2104
Suid-Afrika en die VSA is in ’n voortslepende hoenderoorlog gewikkel. Kevin Lovell, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging, het in gisteraand se episode van Winslyn meer hieroor uitgebrei.

Die VSA dreig om die land van sy wet op groei en ontwikkeling in Afrika (Agoa) indien Suid-Afrika nie die invoertariewe op goedkoop hoenderstukke ophef nie. Hoekom moet Suid-Afrika skrikkerig wees hiervoor? “Ons het vriende nodig,” het Lovell gesê. Hy het gesê Suid-Afrika het grotendeels handelsooreenkomste met Europa en moet ’n beter “verhouding” met lande soos die VSA en China bou.

Die pluimveebedryf is, sonder ’n goeie rede, nou in ’n hoek gedruk, meen hy. “Hulle het ’n hoop en ons het ’n maag,” het Lovell gesê. Oor of goedkoper hoender voordele vir die Suid-Afrikaanse verbruiker inhou, het hy gesê elke winskopie kom teen ’n prys. Hy meen dit gaan ’n nadelige invloed op plaaslike werkskepping hê.

Die motorbedryf het wel baat gevind by Agoa.

Volg kykNET Aktueel op Twitter by @kyk_laataand.