Logo
web uni tv guide

Winslyn

144FinansiesPG13

Winslyn: Goeie diens of goeie bemarking?

Nuus
08 Julie 2015
Hierdie week op Winslyn het Steven Bosch oor die wetenskap van goeie handelsmerke gesels.
Winslyn 7 Julie

Divan het met Steven Bosch, kreatiewe direkteur en digitale hoof by Owen Kessel Leo Burnett, ’n gesogte mediahuis in Johannesburg, gesels oor die wetenskap van goeie handelsmerke.

Bemarking is beide ’n kuns en ’n wetenskap. Hoe word die twee gekombineer? Word lojaliteit gekweek deur goeie diens of deur goeie bemarking?

Die sakelandskap is deesdae oorweldig met handelsmerk-warboel; entrepreneurs moet dus slim besluite neem om die mark te ontwrig, en konsekwente bemarkingstrategieë toepas.

Bosch het gesê internasionale handelsmerke soos Coca-Cola, Apple, Samsung en Virgin staan uit bo die res omdat dié handelsmerke op ’n sekere manier saamgestel is. Dit behels onder meer ’n duidelike omskrywing van die doel van die handelsmerk en ’n konsekwente bemarkingstrategie, sodat die verbruiker ook weet waarvoor die handelsmerk staan. Mense moet daarop kan “inkoop”, het Bosch gesê.

Bosch het verder gesels oor kunssinnigheid in bemarking, die sielkunde van kleur en die ervaring van die verbruiker.