Logo
web uni tv guide

Winslyn

144FinansiesPG13

Winslyn: Geliefde handelsmerke

Nuus
02 April 2015
In dié week se regstreekse uitsending van Winslyn , het ons oor die geliefde Vespa-handelsmerk gesels. Ons het ook van die aanbieder Santie Botha afskeid geneem.

Norman Adami, voormalige uitvoerende hoof van SAB, het nie met Santie Botha oor sy loopbaan in die bierbedryf gesels nie, maar oor sy passie vir die wildbedryf. Hy het gesê hy reken dié bedryf het groot potensiaal vir groei en kan oor tien jaar tot R100 miljard sterk wees, mits dit reg bestuur word.

Louise Myburgh van Spoor & Fisher het via Skype oor die sukses van dié regsfirma gesels en Andy Reid het vir Divan Botha vertel wat die Vespa so ’n geliefde handelsmerk maak. Die Vespa is nie goedkoop nie, maar volgens Reid is die kwaliteit uitstekend. ’n Vespa sal jou lank hou, meen Reid. “Boonop is dit sexy,” het hy gesê.

Carrie Adams, ’n vennoot by Norman Goodfellows Fine Wine & Spirit Merchants, het oor die drankbedryf kom gesels. Dié bedryf is sy eie vyand, omdat daar soveel handelsmerke is, het sy gesê. Daar is veral min lojaliteit in die wynbedryf. Nie net is daar minder wyndrinkers as wat ’n mens sou verwag nie (sjampanje en whiskey is die uitskieters), maar Suid-Afrika sukkel om met oorsese pryse te kompeteer.

Dit was dan ook tyd om van Santie Botha afskeid te neem en Divan Botha het met haar gesels. Sy het gesê mense “wat ’n honger het om die wêreld te verander” is vir haar inspirerend.