Logo
web uni tv guide

Winslyn

144FinansiesPG13

Winslyn: Ekonomiese impak van vlugtelinge

Nuus
23 September 2015
Kan vlugtelinge ekonomiese vernuwing vir ’n land beteken? Adéle Breytenbach, dosent in ekonomie aan Unisa, het vandeesweek op Winslyn hieroor gesels.
kn_winslyn_eksklusief_adele_breytenbach_900-smihi55b526ghjgzz0jq1ujh8vdyjrsg1x9koifw9c024diti
Kan vlugtelinge ekonomiese vernuwing vir ’n land beteken? Adéle Breytenbach, dosent in ekonomie aan Unisa, het vandeesweek op Winslyn hieroor gesels.

Volgens Breytenbach kan Duitsland bekostig om vlugtelinge te huisves. Die Duitsers het ingestem om sowat 800 000 vlugtelinge in dié land te verwelkom.

Sy het wel gesê humanitêre en morele verantwoordelikhede, sowel as politiese redes, het Duitsland se besluit beïnvloed. Duitsland het negatiewe bevolkingsgroei, het sy gesê, en die land kan die vlugtelinge gebruik om werk te skep en die ekonomie weer te laat vloei.

Lande met swakker infrastruktuur, laer BBP-groei se ekonomieë kan die vlugtelinge “nie hanteer nie,” het Breytenbach gesê.

Kyk hieronder na ’n eksklusiewe onderhoud met Breytenbach.