Logo
web uni tv guide

Winslyn

144FinansiesPG13

Winslyn: Draadlose internet

Nuus
10 Junie 2015
Brandon Muller, finansiële hoof van Empire State en medestigter van Quick Connect Wireless, was in die ateljee om oor die verskaffing van draadlose internet in Suid-Afrika te gesels.
Screen Shot 2015-06-10 at 4.23.37 PM

Brandon Muller, finansiële hoof van Empire State en medestigter van Quick Connect Wireless, was in die ateljee om oor die verskaffing van draadlose internet in Suid-Afrika te gesels.



Volgens Muller is infrastruktuur waarskynlik die grootste uitdaging vir internetdiensverskaffers. Oor die laaste tien of vyftien jaar het Telkom-lyne verminder, waar dit moes verbeter en vermeerder het, het hy gesê. Suid-Afrika moes dus op draadlose internettoegang (Wi-Fi) staatmaak, “wat ook probleme veroorsaak.”

Hy het gesê Johannesburg gaan beslis voordeel trek uit nuwe vesel-verbindings.

Suid-Afrika gaan oor die volgende paar jaar heelwat internetdiensverskaffers bykry, het Muller gesê. Hy meen daar is baie rolspelers in die bedryf wat draadlose internettoegang ook na plattelandse gebiede sal bring.

Kyk die eksklusiewe video hier onder.