In vandeesweek se uitsending van Winslyn is die fokus op die Britse verkiesing geplaas.
Die ekonoom Theo Vorster was in die ateljee om hieroor te gesels. Hy het gesê dié verkiesing moet vir Suid-Afrikaners saak maak. “Brittanje is een van die sewe grootste ekonomieë in die wêreld en een van Suid-Afrika se groot handelsvennote,” het hy gesê. “Wieookal regeer gaan ’n koalisie moet vorm.”
Vorster het gesê die Konserwatiewe Party is meer mark-vriendelik, waar die Arbeiders weer voel die regering speel ’n groter rol.
Hy het agter die skerms bygevoeg: “Ek dink dit gaan langer ongemaklik wees as wat mense dink. Hulle gaan sukkel om ’n geloofwaardige eerste minister te kry.”
Hy het gesê hy sal Cameron daar wil sien, maar dat dié premier nie ’n koalisie sal kan vorm nie. “Die Skotse Nasionale Party gaan die groot wenner van die verkiesing wees.”