Daar is nie ’n tekort aan pizzaplekke in Suid-Afrika nie – as dit kom by wegneemfranchises alleen is daar byvoorbeeld Debonairs, Scooters en Roman’s Pizza. Dan het die Amerikaanse Domino’s Pizza ook onlangs die plaaslike mark betree, en na ’n afwesigheid van ses jaar het Pizza Hut sy terugkeer gemaak.
Divan Botha het gisteraand met Randall Black, hoofbestuurder van Pizza Hut Suid-Afrika, gesels oor die “pizza-oorlog” en die uitdagings van die plaaslike mark.
Black meen dat daar plek is vir nog ’n pizza-mededinger. “Almal is lief vir pizza! Ons het ’n paar spesiale pizzas vir die Suid-Afrikaanse mark ontwikkel, met baie vleis. Toe ek hierheen gekom het, het mense vir my gesê die vleis is belangrik.”
Hulle werk ook daaraan om meer tegnologies gevorderde maniere te ontwikkel waarop mense hul pizza kan bestel.
“Ons is vol optimisme oor Suid-Afrika,” sê Blackford.
Volg kykNET Aktueel op Twitter by @kyk_laataand.