Logo
web uni tv guide

Winslyn

144FinansiesPG13

Winslyn: Strategiese vernuwing

Nuus
02 September 2015
Vandeesweek op Winslyn het Annette Muller meer vertel oor DotNXT, ’n onderneming wat beoog om deur middel van vernuwing die wêreld te verander.
kn_winslyn_20150901_annette_900
Vandeesweek op Winslyn het Annette Muller meer vertel oor DotNXT, ’n onderneming wat beoog om deur middel van vernuwing die wêreld te verander.

Volgens Muller is dit DotNXT se doelwit om dit makliker vir hul kliënte te maak om tegnologiese produkte- en platforms te gebruik, asook nuwe projekte bekend te stel aan die mark. Dit is ook dié onderneming se doelwit om ’n geleentheid te skep vir mense om uiteindelik denkleiers te word deur hulle te bemagtig om op die gepaste projekte te werk.

“Ons rol is om ’n projek te bestuur van begin tot einde,” het Muller gesê. “Ons bou ’n beleggingspyplyn, en kry die regte mense betrokke – van die denkleiers tot die tegnologiese vennote, die entrepreneurs en die ekosisteem wat gebou moet word vir die projek.”

Volgens haar is die sukses van DotNXT se sakemodel afhanklik van die vertroue wat gebou word tussen dié onderneming en sy belanghebbenes. “Ons gee vir hulle die vertroue dat alles gaan uitwerk en gaan gebeur.”

Vernuwing is sentraal tot DotNXT en daarom is dit belangrik vir dié onderneming om innovering konstant te handhaaf. Volgens Muller word dít gedoen deur vryheid aan belanghebbenes te gee. “Ons probeer om so min as moontlik struktuur en hindernis voor mense te sit,” het sy gesê.

Muller het gesê dat hoewel uitvoerende beamptes dikwels huiwer om mense aan te stel wat meer intelligent as hulself is, is dit baie belangrik om die ingesteldheid hiervan te verander. “As jy die slimste mens is in die kamer, is jy in die verkeerde kamer.”

Kyk na die volledige gesprek hier onder: