Logo
Tarzan van George_Seisoen_1_kykNET_Small_Billboard_ 1600x533_DeWET in image
Tarzan_van_George_Seisoen_1_kykNET_Poster_Image

Oor die program

DeWet koester al 12 jaar lank net een groot droom: Hy wil die volgende Tarzan op die grootdoek speel. Die meeste mense sou dink dis ’n hekkie te hoog, maar hierdie boorling van George in die Suid-Kaap het die afgelope jare aanhou bou aan sy droom en nooit ophou glo dat dit wel eendag waar sal word nie. Die video’s van Tarzan-kortfilms wat hy vir sy YouTube-kanaal met 207 000 intekenare maak, het al ’n verstommende 50 miljoen kykslae gehad. En dit doen DeWet alles met een doel voor oë: dat Hollywood hom raaksien en hom die volgende Tarzan maak. ­

Volgende op

S1 | E5
26 Maart 20:00
'S1/E5 of 5'. Hulle tyd in Amerika raak nou min en 'n allerbelangrike vergadering wag wat dalk DeWet se lewe vir altyd k...

Wanneer jy niemand behalwe Tarzan wil wees nie – Tarzan van George

News
30 Januarie 2023
Volg DeWet du Toit se reis om die volgende Tarzan op die grootdoek te speel.
Tarzan van George

Vanaf Sondag 26 Februarie 2023 om 20:00 gaan kykNET-kykers hulle verstom oor die lewe en drome van DeWet du Toit in die reeks Tarzan van George.

DeWet koester al 12 jaar lank net een groot droom: Hy wil die volgende Tarzan op die grootdoek speel. Die meeste mense sou dink dis ’n hekkie te hoog, maar hierdie boorling van George in die Suid-Kaap het die afgelope jare aanhou bou aan sy droom en nooit ophou glo dat dit wel eendag waar sal word nie. Die video’s van Tarzan-kortfilms wat hy vir sy YouTube-kanaal met 207 000 intekenare maak, het al ’n verstommende 50 miljoen kykslae gehad. En dit doen DeWet alles met een doel voor oë: dat Hollywood hom raaksien en hom die volgende Tarzan maak.

1675072216 27 untitled design   2023 01 30t113744.964

Rian van Heerden, bekende radioman en TV-aanbieder en ook vervaardiger van reekse soos BolhuisDie siener en Liefde sonder grense, het reeds in 2010 van DeWet gehoor en hom toe as gas op sy program Rian gehad.

“Drie jaar gelede het ek in George ’n artikel in ’n plaaslike koerant oor hom gelees en ek het toe weer kontak gemaak in die hoop dat hy sal instem dat ons ’n dokumentêre reeks oor hom maak,” sê Rian. “Dit was harde werk om hom te oortuig. Hy is so gefokus daarop om Tarzan te word dat hy bang was dit sal sy aandag aftrek.”

1675072288 27 untitled design   2023 01 30t113810.076

Dit was nie net DeWet wat oorreed moes word nie. Ook die Edgar Rice Burroughs-stigting, wat na die belange en kopiereg van die skrywer van, onder meer, Tarzan omsien, moes toestemming gee vir ’n span uit Suid-Afrika om hierdie merkwaardige storie te vertel.

Wat kan kykers verwag? 

“Dit is ’n storie van aanhou probeer – al weet jy jy mik vir die sterre,” sê Rian. “DeWet gee net nie op nie. Ek het in my lewe nog nie iemand ontmoet wat so lank toegewyd is aan een droom nie. Dis byna bomenslik wat hy reggekry het.”

DeWet se tweelingbroer, Rudolf, is sy grootste ondersteuner en stap die pad saam met hom. “DeWet se droom is hulle al twee se droom,” sê Rian. Die Tarzan-handelsmerk en alles wat daarmee saamgaan, is nog enorm gewild in die wêreld. Vir die ware aanhangers gaan dit oor veel meer as net ’n held wat in die oerwoud woon. “Vir hierdie aanhangers is DeWet ’n verteenwoordiger van dit waaroor hulle liefde vir die Tarzan-karakter gaan.”

1675072435 27 untitled design   2023 01 30t113715.512

In die vyf episodes word daar gekyk na die geskiedenis van Tarzan oor die jare. Kykers ontmoet DeWet se familie en daar is onderhoude met, onder andere, Neil Sandilands wat saam met die Du Toit-broers ’n fliek gemaak het. Ons reis ook saam met DeWet – al die pad van George tot in Los Angeles waar hy in sy Tarzan-kostuum die bekende Hollywood Boulevard besoek. 

“DeWet is werklikwaar ’n sprekende voorbeeld van iemand wat so toegewyd is dat die heelal op die ou end na hom sal omsien,” sê Rian.

Tarzan van George begin op Sondag 26 Februarie 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Gesels saam op FacebookTwitter en Instagram deur die hutsmerk, #TarzanVanGeorge te gebruik.

Nog Programme

In die ysterhand se greep Poster

In Die Ysterhand Se Greep

17:30 | 30 Mar
web uni tv guide
Kanaal
145
Diepe waters cast

Diepe Waters

18:30 | 30 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
Binnelanders Poster 440x610 for DStv

Binnelanders

19:30 | 30 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
Arendsvlei Poster S5

Arendsvlei

19:30 | 30 Mar
web uni tv guide
Kanaal
145
CW BSV S15 Updated Poster

Boer Soek 'n Vrou

20:00 | 30 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
Spasie S2 Poster

Spasie

18:30 | 31 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
Jol met Ricky

Jol Met Ricky

19:30 | 31 Mar
web uni tv guide
Kanaal
145
Fiesta Poster

Fiësta

21:00 | 31 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
Laeveldbewoners Poster

Laeveldbewoners

18:00 | 01 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
Mal Kamper S2 Poster

Mal Kamper

18:30 | 01 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
enuus S14 Poster

eNuus

19:00 | 01 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
My ma kook beter as joune

My Ma Kook Beter As Joune

19:30 | 01 Apr
web uni tv guide
Kanaal
145
Hokaai my meisie S2 Poster

Hokaai, My Meisie!

19:30 | 01 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
Koortjies

Koortjies Met Jonathan Rubain

18:00 | 02 Apr
web uni tv guide
Kanaal
145
Kwela

Kwêla

18:00 | 02 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
kykNET_Bravo_Poster_2023_featuring_Reynard Slabbert en Ewan Strydom.

Bravo!

19:30 | 02 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
Klop Poster

KLOP!

19:30 | 02 Apr
web uni tv guide
Kanaal
145
LMOB S3 Poster

Lui Maar Op Belinda

20:00 | 03 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
In Gesprek Poster July 2022

In Gesprek

20:30 | 03 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
Suidooster TX change Poster

Suidooster

18:00 | 04 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
kykNET_Mooiweer en warm_Seisoen_1_2023_Poster

Mooiweer En Warm

20:00 | 04 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
Prontuit 9 Poster

Prontuit

21:00 | 04 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
Met 'n huppel in die stap

Met 'n Huppel In Die Stap

17:30 | 05 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
Wie Word 'n Miljoenêr

Wie Word 'n Miljoenêr?

20:00 | 05 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144