Logo
Suidooster Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Suidooster

144Drama13 V

Suidooster: Dit gons oor dié klap

Nuus
09 Maart 2016
In Dinsdagaand se episode van Suidooster het dinge breekpunt tussen die twee susters Bridgette en Lee-Ann bereik.
Suidooster Klap 01
In Dinsdagaand se episode van Suidooster het dinge breekpunt tussen die twee susters Bridgette en Lee-Ann bereik.

Dié karakters het ’n gespanne verhouding en net soos dit begin lyk het of dinge tussen hulle beter raak en dat hulle saam staan om hul ma, Mrs. J, te ondersteun met haar siekte, versuur hul verhouding weer.

In die slottoneel van dié episode begin ’n bekgeveg tussen Bridgette en Lee-Ann, wat tot ’n spits gedryf word toe Lee-Ann vermakerig vir Bridgette sê dat Bridgette spyt is dat sy met Ian getrou het. (Lee-Ann en Ian het self ’n geskiedenis weens die feit dat hy Bridgette jare terug met haar verneuk het).

’n Woedende Bridgette het vir Lee-Ann ’n taai klap gegee, wat sekerlik nog een van Suidooster se dramatiese tonele tot op hede is.

Kyk die toneel hier onder:



Hoewel dit seker ’n kwessie van tyd was voor dit sou gebeur het, het dit kykers onkant betrap.

34 suidooster klap 03


Denise Newman, wat die rol van Bridgette speel, skerts dat dit makliker is om ’n soentoneel as ’n klaptoneel te doen.

“Só ’n toneel waar jy ’n ander karakter moet klap is baie moeilik, veral om dit regtig realisties te laat lyk,” vertel sy.

“Dis nooit maklik om enige vorm van geweld uit te beeld nie, maar wat gedoen moet word, moet gedoen word.

“Gelukkig het die redigeringspan ook ’n fantastiese werk gedoen om dit baie realisties te laat lyk.”

34 suidooster klap 02


Portia Joel, wat Lee-Ann in die sepie is, stem saam dat dit ’n baie uitdagende toneel was.

“Op ’n manier is dit seker ’n eer om deur ’n gesoute aktrise soos Denise geklap te word en sy is baie professioneel,” sê sy.

“Die regisseur en spelvervaardiger het darem ook baie gehelp om dit regtig eg te laat lyk.

“Ek is bly ek was nie Denise nie, want ek dink dis moeiliker om iemand te klap as om aan die kamma ontvangkant te wees.”

Kyk Suidooster, Maandae tot Woensdae om 18:00 op kykNET & kie.