Logo
web uni tv guide

Suidooster

144Soap13
Chris

Chris du Plooy

vertolk deur Marcel van Heerden
Chris, wat 'n bouer en nutsman is, was voorheen in die polisiediens. Hoewel hy baie vuilwerk in die verlede gedoen het vir Bridgette se gewese man, pla sy gewete hom deesdae dikwels. Hy probeer nou al meer om die regte ding te doen, maar dis makliker gesê as gedaan weens sy ervaring met goed toesmeer. Chris se eksvrou, Rita, ly aan skisofrenie en is in 'n sanatorium waar sy permanente sorg kry, so hy is vir baie lank al 'n alleenloper. Hy het 'n redelike gesonde verhouding met sy argitek-seun, Tim, maar soos baie pa-en-seun-verhoudings is daar soms konflik. Hy weet 'n bietjie van alles en is almal in Ruiterbosch se staatmaker.