Logo
Sara se geheim
web uni tv guide

Sara se Geheim

144Drama7
Virgil Cloete

Virgil Cloete

Maggie se eggenoot en pa vir Aiden en Kelvin. Lizzie se swaer en Sara se skoonseun. Carlo is Virgil se sleg broer. Sy beste vriend van jare gelede is Kaptein.

Virgil is nie ’n swakkeling nie, dis net dat enigeen wat met Maggie getroud is in haar skaduwee sal leef. Hy’s ’n goeie pa, maar vir hom sal eggenoot wees altyd eerste kom; dis die dinamika van ’n huwelik met Maggie.

Hierdie man ken van hard werk en as hy Maggie die huis laat regeer is dit omdat hy haar tot in sy DNA liefhet. Virgil het nie illussies oor Maggie nie. Hy ken en aanvaar haar vir wat sy is. Tog is hy nie so ambisieus soos sy nie en weet hy dat sy die muse is wat hom inspireer om die viswinkel uit te brei na ’n kettingwinkelreeks. Ricky is Maggie se Ferrari, terwyl Virgil haar Volvo is. Hy’s veilig en betroubaar; sy weet hy wil net die beste vir haar hê. Virgil wil ook die beste vir sy familie hê.

Vredemaker en die ‘geld-gom’ van sy familie en die gemeenskap. Mense weet as die nood druk sal Virgil uithelp.

Nie noodwendig altyd met geld nie, maar dikwels met goeie raad. En hy help dikwels deur touttjies agter die skerms te trek. Virgil weet dat elke mens sy trots het. So verstaan hy dan ook Kaptein se hart.

Virgil het sy pa se liefde vir die see en visvang geërf en na skool gaan werk by die SAF Marine Korp om op die groot skepe die see in te vaar. Dis waar hy en Kaptein vriende geword het. Dit was sy kans om die wêreld te gaan verken en om sy plekkie in die lewe te vind. Maar toe nader Magriet hom na al die jare se probeer en gee te kenne dat sy uiteindelik reg is vir ’n ernstige verhouding met hom. Na ’n kort, passievolle vry-periode is hulle gou-gou getroud en Magriet was ook sommer vinnig in die ander tyd (swanger).

Toe Virgil pa geword het en Aiden se klein handjie om sy duim vou, het sy hele lewe in ’n oogwink verander. Hy het sy doel gevind.

Virgil het ’n sin vir humor en ons sien dit in die naam van sy winkel.

Virgil wil Maggie gelukkig maak en sy familie beskerm.