Logo
Sara se geheim
web uni tv guide

Sara se Geheim

144Drama7
Sanel Geldenhuys

Sanel Geldenhuys

Ebert se vrou.

Sanel en Ebert Geldenhuys bly in Durbanville. Hulle is ’n gelukkige getroude paartjie selfs al het hulle nie kinders nie. Ebert is ’n suksesvolle bankier, en Johan se vennoot.

Sanel is ’n geskiedkundige by ’n museum in Kaapstad, en is mal oor haar werk. Haar doktorsgraad-tesis is getitel  ‘Geskiedenis en Veelheid : Twee vertellers, Drie vertellings’ en fokus op skrywers van kontemporêre geskiedenis. Eers het haar navorsing voorspoedig verloop en sy was ten volle bewus van die groot taak voor haar.

Maar die afgelope tyd vind sy dat sy gereeld dwaal op dieselfde hoofstuk en sukkel om aan te beweeg. Sy skryf die verstandelike verwardheid en onverklaarbare tydglipse toe aan moegheid. Siende dat sy nie haar kantoor met enigiemand deel nie, tel niemand haar vergeetagtigheid op nie.

Sy leer hoe om fyn in te skakel op gesprekke en vaagweg bydrae te maak oor die onderwerp wat bespreek word, sodoende kom niemand agter dat iets fout is nie.

Ebert is onbewus van die ware toestand van sy vrou se verstand. Hy let op dat sy meer vergeetagtig en verward is as vantevore maar skryf dit toe aan haar harde werk op haar tesis. Hy dink sy fokus daarop ten uitsluiting van alles.

Op elke ander manier is Sanel steeds die liefdevolle, besorgde, wel gesproke, intelligente vrou met ’n goeie sin vir humor op wie hy verlief geraak het en mee getrou het.