Logo
Sara se geheim
web uni tv guide

Sara se Geheim

144Drama7
Marie du Toit

Marie du Toit

Nicola se ma en Johan se skoonma en Inge se ouma.

Marie du Toit was getroud met Hendrik du Toit en hulle het in vrede gebly op hulle plaas, Duiwelsdrif, in Malmesbury. Maar sedert sy dood woon sy, so te sê, alleen op die plaas. Sy is tekenend van die generasie wat in die ou Suid-Afrika grootgeword het en wat nie saam met die tye kon verander nie. Marie self ken van swaarkry en sy behandel die mense op haar plaas regverdig, of dis wat sy dink.

Sy het ’n hegte verhouding met Koos, wat op die plaas grootgeword en met Tielman (haar seun) kleilat gespeel het. Sy het ’n seun en hy ’n vriend verloor, en Tielman se dood bind hulle saam.

Haar man, Hendrik, het aan ’n beroerte beswyk. Met Tielman se dood het hy die donker nag ingevaar en die sewe beeste wat aan Tielman belowe is almal doodgeskiet. Dis toe dat die beroerte kom. Na twee jaar is Hendrik oorlede. Dit was seker die moeilikste twee jare in haar lewe.

Na Johan met Nicola trou, vra sy Johan om die bestuur van die plaas oor te neem. Sy weet dat Nicola nie een is wie op die plaas wil bly nie. Johan het Marie se surrogaatseun geword. Tussen sy werk en Nicola kon Johan nie altyd daar wees om plaassake te behartig nie. Johan help deur ’n ogie oor die boeke en die finansies te gooi.

Tielman was van altyd af Tant Marie se gunsteling, maar haar en Nicola se verhouding was nie altyd so swak nie. Toe Hendrik en Tielman nog geleef het, het Nicola gewoonlik haar ma gehelp met borduurwerk en huistakies. Nicola was baie kunstig as kind en Marie het haar aangespoor om haar drome te volg. Maar na Tielman en Hendrik se dood, het Marie verhard.