Logo
Sara se geheim
web uni tv guide

Sara se Geheim

144Drama7
Inge Vermeulen

Inge Vermeulen

Johan en Nicola se dogter.

Inge Vermeulen was altyd die gewilde meisie op skool. Sy het die aandag geniet van ’n see van bewonderaars, wat almal graag haar vriende wil wees.

Toe sy universiteit toe gaan, is Inge blootgestel aan ’n heel nuwe wêreld waar enigiemand hulself kan herontwerp. Sy het baie gou haar hoërskool-gewoontes afgeskud en ’n meer liberale sienswyse aangeneem deurdat sy bevriend geraak het met mense van verskillende samelewingsvlakke, wat haar voorheen noue denkwyse ’n goeie hou toegedien het en haar horisonne verbreed het.

Tog bly Inge ’n idealis, ’n romantikus. Sy besef en sien skynbaar nie die donkerte waarin haar kêrel, Gerhard, se lewe gehul is nie en boonop plaas sy hom op ’n troontjie in menigte opsigte:  hy’s ’n goue seun, ’n leier in die studentegemeenskap en ’n uitmuntende sportman. Hy behandel Inge goed en laat haar goed voel – iets wat baie belangrik is vir haar teen die agtergrond van haar ouers se wankelrige huwelik waarnatoe sy elke dag moet huis toe kom.

Inge se pa was altyd haar held: sy stil en eerbare geaardheid dwing bewondering by haar af. Sy weet hy is lief vir haar en sy aanvaar dat dit vir hom moeilik is om sy gevoelens uit te druk. Sy is lief vir haar ma, alhoewel sy ernstig aanstoot neem wanneer sy besef haar ma is besig om te flirt.

Sy vind vertroosting in Sara.