Logo
Sara se geheim
web uni tv guide

Sara se Geheim

144Drama7
Gadija Suleiman

Gadija Suleiman

Lizzie se boesemvriendin.

Gadija werk al jare in die winkel en is heimlik verlief op Virgil sedert kinderjare. Sy is ’n baie maer vrou, vreeslik korrek en kan vreeslik eerlik en reguit wees. Sy hou niks van Maggie nie. Gadija is die een karakter wat nie geheime het nie. Sy leef vreesloos oop. Sy is gelowig en effe eng. Ook sy bewoon die wêreld van die restaurant en dien as klankbord vir Lizzie, Virgil, Aiden, Carlo, Astur, Kaptein (teen haar sin) en Sara. Lizzie is haar beste vriendin. Sy maak klere in haar vrye tyd en word altyd deur Lizzie op een of ander missie saamgesleep.

Haar ma is dood toe sy jonk was en in haar grootwordjare het sy slegs haar pa gehad as rolmodel en iemand om op staat te maak. Sy was lief vir haar pa, maar hy het nooit lank ’n werk gehou nie. Sy het goed presteer op skool, maar het in graad 11 die skool verlaat om werk te soek sodat sy haar pa kon help om haar en haar 3 jonger boeties te onderhou.  

Die enigste werk wat sy kon vind was as kelnerin en hoewel haar aanvanklike plan was om weer terug te keer skool toe, het dit nooit realiseer nie, want dit het net altyd gevoel asof die tyd nie reg was daarvoor nie.

Sy weet sy kan meer wees as ’n kelnerin, maar haar huidige werk is ’n gemaksone vir haar – haar eie klein koninkryk waar sy in beheer is. Haar liefde vir Virgil speel ’n belangrike rol in haar keuse om by die restaurant, Die Slapsnoek, te bly – hoewel sy dit nooit aan haarself sal erken nie.