Depressie is ’n algemene geestessiekte, maar ’n onderwerp wat steeds vir baie mense taboe is. Vandeesweek het Prontuit gesels met Lorraine Mitchell van Suicide Survivors en Tracy Feinstein van SADAG (die South African Depression and Anxiety Group) oor depressie in Suid-Afrika.
Ons het ook gevra of ons as ’n nasie sukkel met ’n depressie-probleem en of daar steeds ’n stigma rondom geestessiektes is.
Mitchell het daarop gewys dat mense wat selfdood pleeg nie noodwendig ’n behoefte het om te sterf nie, hul intense emosionele pyn wil beëindig.
Wat belangrik is, meen Feinstein, is dat ons moet leer hoe om mense in die beginstadium van depressie te help.
Suid-Afrikaners verkeer onder hoë druk by die werk en neem nie naastenby genoeg verlof en rustyd nie.
“Mense is huiwerig om vir hul werkgewer te sê dat hulle gestres of depressief is, want hulle is bang vir die stigma,” het Mitchell verduidelik.
Kyk na die onderhoud hier onder.