Logo
Prontuit 1600x160 Slim Homepage
web uni tv guide

Prontuit

144AktueelPG13

Vermy so kajuitkoors ...

Nuus
17 Maart 2020
Die kykNET-kanale verklaar hiermee elke dag pajama-dag.
<p>Vermy so kajuitkoors</p>

Met ’n langer skoolvakansie en self-isolasie, hoef jy nie bekommerd te raak oor hoe om die hele familie te vermaak nie. Die kykNET-kanale verklaar hiermee elke dag pajama-dag – so maak jouself gemaklik op jou rusbank; daar is genoeg vermaak om van te kies op kanaal-144, 145 én 146 om seker te maak dat die mure jou nie begin indruk nie.

Op kykNET (kanaal-144) kan kykers na die volgende programme uitsien:

Elke weeksaand om 18:00 loer ons in by die Stryders en die wel en weë van die Getroud met Rugby-familie. 

Kom kuier in Ruiterbosch, weeksaande om 18:30 vir die varsste drama in Suidooster. (veral met Nazeem wat amok maak!)

Skakel daagliks om 19:00 in vir eNuus wat jou op hoogte gaan bring met die nuutste verwikkelinge oor die Koronavirus en ander nuus. 

Kry jou dosis kliniek-drama in met Binnelanders, weeksaande om 19:30

Klok elke Maandag om 20:00 in by Die Fransen op Fransenburg met Hotel

Deon, Lux en Ronél neem ons saam op hul soeke na vermiste persone elke Dinsdag om 20:00 in Projek Dina

Skakel Woensdae om 20:00 in vir Hoor my, sien my, soen my wanneer Vanes-Mari du Toit deelnemers op ’n virtuele blinde-afspraak neem om liefde te vind. 

Donderdag om 20:00 raak ons verweef in die drama in Sara se Geheim

Besigtig Sondae om 20:00 die nuutste dossiere in die tweede seisoen van Die Byl

kykNET & kie (kanaal-145) spog met die volgende:

Kom kuier in Ruiterbosch elke weeksaand om 18:30 vir die nuutste stormsterk-drama in Suidooster

Maandae-Woensdae om 20:00 nooi die Cupido-familie jou uit vir ’n toer van hul semiprivaat-hoërskool in Arendsvlei. 

Spoorloos skop op 21 Maart af in die spookdorpie Digtersbos wat op soek is na genesing en herlewing.

kykNET NOU-intekenaars kan Vrydae-aande om 20:00 inloer by die varsste talent in Emo Adams se Maak My Famous.

Al dié en nog meer vermaak is beskikbaar op DStv Catchup, DStv Now en Showmax. As jy vorige episodes wil inhaal – of dit sommer net weer wil kyk; kan jy verseker wees van topgehalte vermaak!

Kliek hier vir meer vermaak om na uit te sien in April.