Logo
web uni tv guide

Prontuit

144AktueelPG13
Robbie Kruse Bravo!

Robbie Kruse

Robbie is gebore en getoë in die Jakarandastad. Hy het aan Pretoria Boys High gematrikuleer en waarna hy sy Skippers-lisensie voltooi en van Kaapstad na Frankryk geseil en gewerk het.

Robbie het in 2006 by Tuks FM aangesluit terwyl hy besigheid studeer het. Na twee en ’n half jaar by die stasie het hy by Jacaranda FM aangesluit. Hy was nege jaar by dié stasie.

In 2011 het hy deel van die Bravo!-span geword. Van die bekendste persoonlikhede by wie hy aangeklop het sluit in Laurika Rauch, Nataniël, Helmut Lotti en Patricio Buane.

Robbie was ook lid van die eerste Bravo!-span wat die Filippyne besoek het en op die Survivor-stel gekuier het.

In 2016 het hy by die Roger Goode Show op 5FM aangesluit en soggens tussen 06:00 en 09:00 kan sy stem op lug gehoor word.

Hy is seremoniemeester van die Springbokke se tuiswedstryde en bestuur en besit ’n sport en leefstyl maatskappy, T3 Gear. Met sy T3-sport maatskappy bestuur hy sportsterre se sake.