Logo
web uni tv guide

Projek Dina

144Drama16 VL
Lux Dladla Projek Dina S3

Lux Dladla

Alhoewel die taakspan onder geweldige druk en met sensitiewe sake werk, is Lux altyd gereed met ’n grappie of twee om die bui te verander. Maar hy het ook ’n ander kant aan hom – vir Lux moet geregtigheid altyd geskied, maak nie saak hoe jy dit laat gebeur nie. Lux is iemand wat die reëls breek, nie omdat hy arrogant is nie, maar omdat hy in geregtigheid eerder as die wet glo. Lux is soos ’n verkleurmannetjie – hy pas enige tyd, enige plek in. Hy weet presies watter knoppies om te druk om verdagtes te laat praat.