Logo
web uni tv guide

Projek Dina

144Drama16 VL

Kaptein Deon Visagie

Deon is aantreklik, noukeurig, deeglik en ’n strateeg van aard. ’n Persoon met linkerbrein-denke. Hy let op allerlei detail, van vet-koolhidraat-proteïen-verhoudings tot die ruimtes tussen straatpale. Hy let dadelik op as iets in ’n kamer rondgeskuif is. Aangesien hy ’n perfeksionis is, is dit nogal moeilik om met hom te werk. Hy is ook ’n kiemkloof: dis nie ’n kliniese afwyking nie, maar eerder ’n karakterflater wat konflik tussen hom en sy vennoot, Lux veroorsaak. Lux is slordig en het baie verskillende vaardighede, iets wat Deon nie aanvanklik besef nie. Anders as Lux, werk Deon streng volgens die reëls.

Aangesien Deon nie juis emosioneel is nie, kan dit soms voorkom asof hy gevoelloos is. Die slegste deel van sy werk is om met mense te kommunikeer – nie omdat hy ongevoelig is nie, maar omdat hy die koue, harde feite verkies bo die onvermydelike grys lae wat gevind word tussen wat mense sê en wat hulle bedoel.

Maar dis in die kollig waar Deon werklik uitstraal. Hier gee hy die perfekte glimlag en bemeester hy die delikate balans tussen charisma en erns. Hy weet alles van mediakommunikasie en weet presies hoe om professionele verhoudings met joernaliste en persoonlikhede te bestuur. Maar dis persoonlike verhoudings waarmee hy sukkel – soos sy werksverhouding met Lux en die feit dat hy met mense en families moet werk wat dikwels hoogs emosioneel is.

Deon, wat alleen in sy minimalistiese woonstel bly, hou van oefen en is obsessief teenoor oor ’n gesonde leefstyl.

Kaptein Deon Visagie – Projek Dina 2