Logo
Phil 101 slim
web uni tv guide

Phil 101

145KomediePG13L
Phil 101_Roelf

Roelf Coetzee

Roelf het die vermoë om ’n blywende impak op die mense om hom se lewens te hê sonder dat hy dit besef. Hy het ’n tipe selfvertroue en rustigheid in [en met] homself wat veroorsaak dat hy moeiteloos nuwe dinge kan aanpak. Dit is juis hierin wat Roelf se modus operandi lê – hy lewe vir nuwe ervarings en om kennis op te doen.

Dis deels die rede hoekom hy tans besig is met sy vierde kursus in drie jaar. Dis ook een van die redes hoekom hy selde ’n verhouding het wat langer as drie maande hou.

Hy steur homself nie veel aan verantwoordelikhede nie, iets wat Phil teen die mure uitdryf, en spandeer meeste van sy tyd deur rond te lê in die kantoor, waar hy die WiFi doodtrek.

Dit stop egter wanneer Roelf aangesê word om sy deel in die kantoor te doen of sy WiFi en koffie kwyt te wees.