Logo
Phil 101 slim
web uni tv guide

Phil 101

145KomediePG13L
Phil 101

Phillip Coetzee

Phil is uit en uit ’n akademikus; baie teorie met min praktiese kennis.

Phil se uitdaging is om homself in die werklike wêreld, sowel as die akademiese wêreld te verwesenlik. Op 31 is hy klaar ’n professor en hy bestuur sy eie Filosofie-departement.

Hy weet egter nog steeds nie heeltemal hoe om ’n meisie te vra of hy vir haar ’n drankie kan koop nie. Hy kan haar wel verduidelik hoekom elke drankie eintlik net ’n simulacrum is, wat verpak is om ’n vooropgestelde ideaal aan haar te verkoop...

Sy sosiale wanaanpassings ter syde, is Phil ’n vreeslike lojale knaap wie uit sy pad uit sal gaan vir sy kollegas.

Phil deel ’n huis met sy loopbaan- en studentebroer, Roelf, in wie hy ’n vergestalting van die herinnering het dat hy nooit die outgoing of populêre broer gaan wees nie.

Filosofie is nie net vir Phil ’n vakgebied nie – dis sy eerste groot liefde. Die feit dat hy ’n idealis is, maak dinge ook nie werklik beter nie.

Phil se “Filosoof-spirit-animal” is Plato. Beide is geskoei op ’n ideale wêreld. In Phil se geval is dit een waar Filosofie weereens die aansien het wat dit eens op ’n tyd gehad het.

Kierkegaard gee hom ook ietwat van ’n eksistensiële edge, maar nie daai cool nihilistiese rock ’n roll edge wat Nietzsche sou gegee het nie. Nee, met Kierkegaard is dit meer ’n sterk voorneme om in die “nou” te lewe en dalk bietjie minder brood te eet.